'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

Verslawing op ons breine

confused-brain

Ons brein is ʼn wonderlike instrument en mensgemaakte rekenaars kan nie eers naastenby daarmee vergelyk in spoed en doeltreffendheid.

Die brein is neuroplasties, wat beteken dat dit sy vorm kan verander om nuwe beginsels of patrone aan te leer en daarby aan te pas. Dit laat ons toe om nuwe dinge te leer en te gebruik sonder om bewustelik daaroor te dink. Die onderbewustelike uitvoering vind plaas in die witstof deel van die brein, terwyl die bewustelike gedagtesprosesse in die grysstofgebied plaas vind.

ʼn Wonderlike voorbeeld is die bestuurproses van ʼn voertuig. Elke mens wat begin bestuur, sukkel eers in die begin om die ratte reg te wissel, om reg met hul voete te trap ens. Dit is die grysstof (en die voorfrontale korteks) wat logiese analise op die situasie doen, patrone probeer kry en die vaardighede memoriseer. Sodra ʼn mens meer ondervinding met bestuur, word dit al hoe makliker en iemand wat al vir baie lank bestuur kan getuig dat hulle amper nie meer oor die volgorde van bewegings dink nie. Die vaardigheid is aangeleer en in die wit-stof-deel ingeskryf sodat die proses plaas kan neem sonder om ons bewustelikheid se aandag af te trek.

Ongelukkig werk die verslawende gedrag op dieselfde manier. Wanneer ʼn mens daarmee begin, soos bv. met kyk van pornografie, begin die brein dit analiseer en onthou baie goed waar die bronne van seksuele stimulering lê. Saam hiermee neem die bindingsproses plaas, wat veroorsaak is deur vrystelling van verskeie hormone tydens ʼn orgasme. Ons emosionele geheue word geaktiveer en die brein memoriseer alles oor wat (of wie) voor ons is.

Die stimulering van pornografie is nie iets wat in die natuur voorkom nie, maar is egter deur mense ontwikkel. Daarom word die brein met die seksuele stimulering oorweldig, wat vêr verby die natuurlike vlakke van plesier en bevrediging is. Met ander woorde, daar is ʼn oorlading. Die intensiteit van pornografie se stimulering is so groot dat die persoon wat dit doen ervaar dieselfde effek soos diegene wat chemiese verslawende stowwe (soos kokaïen of heroïen) inneem. Die plesiervlakke hou egter nie te lank nie en binnekort verwag die brein weer ʼn dosis van oorweldigende stimulering.

Watching-TV

Met gereelde gebruik van pornografie begin die brein se neuroplastisiteit inkom en die vorm daarvan begin verander soos die effek van die verslawende gedrag meer algemeen raak. Die brein begin by die intense stimulering aanpas en word al hoe minder sensitief vir enige seksuele stimuli wat nie so intens is oos pornografie nie. ʼn Man wat gereeld “hardcore” pornografie kyk, sal bv. baie minder of niks belangstelling sal hê in gewone geklee vrouens wat hy op ʼn gewone dag sal ontmoet. Al waaraan hy kan dink en na streef is die verslawende gedrag waardeur sy brein oorgelaai is.

Sulke oorlading word toleransie genoem en word in alle verslaafdes se breine ontwikkel. Die plesiergebiede in die brein word gevoelloos tot enige stimuli wat swakker is as die verslawende gedrag. Met tyd word die gedrag self ook nie stimulerend genoeg nie, want die neuroplastisiteit van die brein veroorsaak dat die verslaafde selfs aan die abnormale intensiteit hiervan gewoond raak. Die gevolg hiervan is dat mense vir baie langer as in die begin pornografie kyk (ure en ure elke dag in vergelyking met ʼn paar minute toe hulle net begin kyk het). ʼn Ander manier om die bietjie plesiergewende stimulering te ontvang is om meer intense variasies van pornografie te begin kyk, soos tonele met geweld, verkragting, groepseks, seks met diere, kinders en ander buitenatuurlike vorms daarvan. Al die is net die verslaafde se brein se manier om plesier te voel.

Net soos in geval van bestuurlesse, word gebruik van pornografie met tyd oorgeskuif na die onderbewustelike toe. Baie mans en vrouens wonder hoekom is dit so moeilik vir hulle om pornografie te ophou kyk. Die rede is dat van hulle het dit al so baie gedoen dat dit al diep in die onderbewustelike van die brein werk en wanneer die persoon ʼn begeerte kry om seksueel bevredig te word, reageer die brein sonder om ons te laat dink hieroor.

Partykeer voel ʼn mens selfs tydens die proses van pornografie gebruik self dat iets fout is nie, maar voel ook so magteloos en kan dit nie keer nie. Dit veroorsaak paniek- en angsaanvalle, verlies van inisiatief en vermindering aan lewenslus en die besef van die kleiner plesiere daarvan. Die verslaafde kan nie meer die lewe geniet soos vantevore nie, niks maak hulle gelukkig nie, hulle sien nie meer kans vir hul huweliksmaat of kinders nie en as hulle op hul werksplek kom, al waaraan hulle kan dink is pornografie. Die oomblikke van realiteit wat ʼn mens laat besef wat eintlik aangaan veroorsaak nog meer negatiwiteit en depressie en dryf die verslaafde nog dieper na die enigste bron van plesier wat sy oorlaaide brein nog kan ervaar – pornografie.

feeling-trapped

Dit is die verslawingssiklus wat nie net by pornverslaafdes, maar ook by enige ander verslawing voorkom, soos bv. verslawing aan chemiese stowwe, televisie, rekenaarspeletjies of sosiale media. Wat die afhanklikheid van pornografie en ander seksuele verslawings nog ʼn moeilikheidsgraad bygee is die atmosfeer van diep skande wat rondom alle seksuele onderwerpe hang, veral in Christelike kringe. Die onmoontlikheid om oor jou stryd te praat wat gepaard gaan met sosiale isolering veroorsaak dat iemand wat met pornografie sukkel, eensaam en magteloos voel om enigiets te kan verander.

Gelukkig kan ons die neuroplastisiteit van ons breine gebruik om van die verslawing los te kom. Net soos ons die verslawende gedrag van pornografie gebruik aangeleer het, kan ons dit ook leer hoe om nie elke keer daarmee te verval nie. Belegging van tyd, volharding in jou besluit om vry te kom en deursigtige rekenskap aan mense wat jy vertrou is van die belangrikste vaardighede wat enigiemand moet ontwikkel indien hulle van pornografie en seksuele verslawings wil loskom.