'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

Pornografie en getrouheid

duct-tape-2-410x290[1]

Hier is ʼn paar gedagtes oor die invloed van pornografie en seksuele verslawings op die huwelik sowel as op mense se denksvermoë en getrouheid.

Orgasme is ʼn kragtige bindingsmeganisme. Elke keer wanneer ʼn man of ʼn vrou deur ʼn orgasme gaan, bind hulle hulself aan iets of iemand voor hulle. Dit kan of pornografiese materiaal, of ʼn wisselvallige seksmaat wees.

Wanneer orgasme eksklusief in die huwelik gebruik word, word dit ʼn ongelooflike instrument tot konneksie bouing en ontwikkeling van intimiteit tussen twee huweliksmaats. Ongelukkig sal mense, wat hul seksualiteit onverantwoordelik en losbandig uitleef, hierdie vermoë van hulle om sterk konneksies te bou amper tot niet bring.

Elke keer wanneer ʼn persoon ʼn seksuele gebeurtenis het met ʼn nuwe stuk pornografiese materiaal of met ʼn ander seksmaat, moet hul brein homself eers losmaak van die vorige gebeurtenis of ʼn persoon voordat dit homself aan die nuwe ondervindings kan koppel. Omdat orgasme ʼn baie sterk emosionele en hormonale steuring skep, word die diepste vlakke van die brein beïnvloed, spesifiek hippokampus en amygdala. Dit veroorsaak sterk emosie-gedrewe herinneringe wat naby permanent in die persoon se geheue bly. Dus is dit amper onmoontlik om van jou vorige seksuele ondervindings heeltemal ontslae te raak.

Baie gou begin die bindingsmeganisme, wat tydens seks en orgasme plaasneem, om tot niet te kom. Die brein beskou nie meer die meganisme as belangrik nie en dus word die gebruik daarvan afgeskryf. Vergelyk dit met ʼn stuk kleefband. Die eerste keer kleef dit aan ʼn oppervlak op sy sterkste. Maar indien dit ʼn par keer afgeruk en weer vasgemaak word, word die kleefvermoë daarvan al hoe minder en uiteindelik verlore.

Navorsing toon dat mense wat baie seksueel losbandig voor hul huwelik geleef het, groter kanse staan om minder getrou aan hul huweliksmaat te wees wanneer hulle trou. Wanneer een van die huweliksmaats, bv. ʼn man, ontrou is teenoor die ander een, breek dit die lewe van beide, asook die lewe van hul kinders. Sulke ontroue sluit pornografie, sowel as buite-egtelike verhoudings.

Dit is ook baie algemeen vir seksverslaafdes om nie verantwoordelikheid vir hul aksies te neem nie, maar om ander vir hul mislukkings te blameer. Dit is net ʼn hanteringsmeganisme wat geskep word omdat die persoon bly ontken dat daar iets met hulle fout is.

Die brein van ʼn verslaafde is in ʼn permanente brein-mis wat net opklaar wanneer hulle met die verslawende gedrag betrokke raak. Wanneer die gedrag egter tot einde kom, daal die plesiervlakke dramaties en dit lei tot negatiwiteit, depressie en swaar angs.

Om hierdie newe-effekte te hanteer, begin die verslaafde om die realiteit te ontken en hul skuld op ander mense en omstandighede te verskuif. Hulle maak hulself kalm deur gedagtes soos “more is nog ʼn dag, ek sal more verander en ophou”. Maar diep in hul hart dink hulle klaar vooruit oor hul volgende terugval vir die dag.

Hierdie bose kring kan slegs gebreek word wanneer die verslaafdes hul realiteit in die gesig kyk met nugterheid en egte berou. ’n Besluit om dadelik op te hou om aan die verslawende gedrag toe te gee moet geneem word, en die besluitneming moet nie vir nog ʼn dag uitgestel word – nie eers vir nog ʼn minuut nie!

Om jou probleem met iemand in persoon (met regte vlees-en-bloed mense) te deel en om hul terugvoer en leiding in jou eie lewe onvoorwaardelik toe te laat is ook krities belangrik. ʼn Verslaafde moet die riglyne van die ander mense volg, veral in die begin van hul herstelling a.g.v. intense brein-mis, onttrekkings, lus om toe te gee en die oorweldigende beredenering om terug te keer na die verslawende gedrag.

Met tyd, baie moeite en volharding, ernstige en opofferende besluitneming en aanhoudende ondersteuning van ander mense word die effek van die verslawing dramaties verminder (alhoewel kan dit in sommige gevalle nooit totaal verwyder word nie). Die brein van so ʼn persoon word herbalanseer en keer terug na ʼn gesonde, onafhanklike toestand wat baie naby is aan die toestand waarin dit voor die ontwikkeling van die verslawende gedrag was. Die bindingsvermoë van seksuele stimulering en orgasme met seksmaat word ook herstel en dit word makliker om nie links en regs te kyk nie.