'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

Perke vir jou begeertes

river

Díe artikel sal vir sommige mense swaar wees om te lees. Ons kies dikwels om, volgens ons begeertes, liewer ʼn leuen uit te leef as om oop en eerlik met onsself sowel as met ons geliefdes te wees. Dit is tog makliker – niemand is kwaad vir jou nie, niemand vra vrae nie en jy hoef nooit bekommerd te wees oor wat ander mense dink nie.

Ongelukkig werk hierdie soort leefstylstrategie nie vir die wat ʼn seksuele verslawing graag wil oorwin. Een kragtige kenmerk van enige verslawing is die skandegevulde geheimhouding daarvan. Dit voel asof jy nie vir enigiemand kan vertel oor wat presies in jou lewe aangaan – wie sal tog verstaan sonder om te oordeel? En ek is tog okay op my eie, die ding is nie so sleg nie.

Ongelukkig veroorsaak die houding ʼn verkeerde persepsie van dubbele realiteit. Een oomblik is jy ʼn gewone en ʼn ordentlike mense wat niks weet van slegte en immorele gedrag nie. En die volgende oomblik verander jy na ʼn irrasionele verslaafde wat al sy tyd, krag en kognitiewe vermoë as ʼn opoffering vir sy geheim bring.

Al wil ʼn mens glo dat jou begeertes en jou geheime “stokperdjies” vir niemand skade doen nie, is dit juis ʼn valse persepsie wat uit die dubbele lewe ontstaan. Die realiteit is egter dat jy dieselfde persoon is wat beide die leefstyle geniet. En daarom beïnvloed ongelukkig die een leefstyl die ander – in die geval, die verslawing beïnvloed jou normale leefstyl en hoe suksesvol jy dit uitleef. En mens kan nie vir die geheim gee sonder om die res van jou realiteit te beïnvloed en te benadeel.

Hierdie artikel gaan oor begeertes. En daar is niks fout met die begeertes self nie, want dikwels ontstaan hulle uit behoeftes wat elke mens gegee is om volgens te lewe en te bevredig. Maar indien ons begeertes nie onder beheer gehou word nie, kan hulle vir ons op ʼn baie duister en mislukte pad neem – ʼn pad wat geen mens dink hulle sal neem voordat dit te laat is nie.

ʼn Goeie voorbeeld is ʼn begeerte van elke mens om liefde te ontvang. Die probleem kom egter wanneer ons soektog vir liefde ons na die pornografiese materiaal neem. En die oplossing in die geval sal wees om nie ons begeertes te probeer ontken nie, maar om wel hulle in die gesig te kyk en te erken dat hulle daar is, sowel as dat hulle ons na die verkeerde dinge toe geneem het. Daarna kan ʼn mens hulp soek om die bevrediging van hul begeertes op ʼn gesonde en nie-destruktiewe manier te doen, binne toepaslike perke en riglyne.

ʼn Ander voorbeeld is die rivier en die water wat daardeur vloei. Wanneer die rivierwaters binne die grense daarvan vloei, toon die rivier geen gevaar vir die natuur en die mense. Maar wat gebeur indien die waters die grense van die rivier deurbreek en begin sonder enige perke vloei? Dit noem mens ʼn vloed, die effek waarvan is uiters destruktief en die resultate nadelig vir almal.

Hieronder is ʼn paar grense wat, wanneer ons daarby bly, ons sal beskerm en ons begeertes op ʼn gesonde wyse sal vorm en rig sodat ons nie prooi aan pornografie verslawing sal val nie.

  1. Rekenskap. Baie eenvoudig: gee rekenskap aan jou man of vrou en aan jou naaste vriende oor media- en aanlyn gebruik.
  2. Neem verantwoordelikheid. Wanneer jy met seksuele verslawing val, moenie ander mense of omstandighede vir jou mislukking blameer nie. Om verantwoordelikheid vir dit wat in jou lewe gebeur het, te neem, is ʼn baie gesonde beginsel wat keer dat jy nie soos ‘n slagoffer begin dink nie en begin beheer neem oor jou lewe.
  3. Wees eg in jou verhoudings. Streef daarna om oop en eerlik in al jou verhoudings te wees. Leuens is ʼn wortel van vernietiging en niemand kan bekostig om dit toe te laat nie. Moet ook nie speletjies met ander mense se gevoelens speel nie – jy wil mos nie hê iemand moet dit met jou doen nie!
  4. Wees bewus van jou emosies. Kyk gereeld na hoe jy voel en hoekom is dit so. Een van die grootste snellers van terugval met seksuele verslawings is eensaamheid en tekort aan gesonde intimiteit (beide seksueel en nie-seksueel). Belê in jouself en jou self-bewusstings vaardighede om te kan weet wanneer ʼn sekere gevoel inkom en wat dit veroorsaak, sodat jy betyds die nodige stappe kan neem om in dieselfde slaggat weer te trap.
  5. Erken jou behoefte vir ander mense. Ons is as sosiale wesens geskep en daar is min mense wat onder normale omstandighede baie lank sonder interaksie met ander kan gaan. Erken dat jy deel is van jou gemeenskap (kerk, skool, universiteit, werksplek) en maak seker jy konnek gereeld met mense wat dieselfde prioriteite, doelwitte en waardesisteem het as jy, veral as dit tot seksuele verslawings kom.
  6. Erken jou eie swakhede. Elkeen van ons het swak punte en om voor te gee dat jy ʼn perfekte “superman” is gaan jou gevaarlik naby aan ʼn terugval te bring. Die kernvraag is: indien jy dit op jou eie sou kon doen, hoekom het jy dit nog nie reggekry nie? Om jou swakhede uit te ken en te erken laat jou juis in daardie areas sterker word en sal jou op jou tone hou wanneer snellers kom.

Die grens-lys bo is baie van toepassing op ander situasies bo en behalwe pornografie-verslawing. Laat dit jou bemoedig om jou grense en perke reg te kry vir die oorwinning in jou eie stryd!

– Aangepas uit “Boundaries for your desires” deur Biz Gainey, http://xxxchurch.com