'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

Patrone van terugval

-gedagte-patroneDaar is baie dinge in elkeen van ons se lewens wat ons al so baie keer doen dat ons nie meer bewus word dat ons dit doen nie. Soos hoe om ons tande te borsel. Of hoe om ‘n vurk met kos in jou mond te sit.

Hierdie onbewustelike gewoontes is ‘n meganisme van jou brein om dinge wat herhaaldelik plaasneem, nie weer en weer hoef te analiseer deur om aandag daaraan te spandeer nie. Wanneer dit deel van die onbewustelike word, spandeer die brein nie so baie energie om die proses aan die gang te hou nie.

Partykeer is van die gewoontes irriterend vir ons en dalk ook vir mense rondom ons. Soos bv. kou van naels, of om met jou mond oop te kou. Sekere gewoontes word deur ons kultuur, waarin ons groot word, gevorm – en ander word as gevolg van ongebalanseerde omstandighede ontwikkel en ons dra hulle in ons volwasse jare in.

Vervalling in seksuele verslawings is ook so ‘n gewoonte van terugval. Die kern van die probleem lê in jou brein wat al so baie honderde en duisende keer na hierdie spesifieke meganisme van bevrediging gewandel het, dat dit al ‘n onbewustelike gewoonte daarvan gemaak het om die gedrag weer en weer toe te pas sonder om twee keer daaroor te dink. Genadiglik is daar maniere hoe ‘n mens hierdie aspek van die verslawing kan aanpak en dit verbeter.

Een van die grootste sielswortels van ‘n pornografiese verslawing is ‘n soektog na aanvaarding en emosionele en fisiese liefde. In meeste gevalle ontwikkel dit wanneer ‘n persoon nog jonk is, so voor 18-20 jaar, en dit word of in geheim, of saam met maats ontdek. In die tweede geval is daar gewoonlik groepsdruk om voort te gaan met seksuele dade, en in al twee gevalle is daar ‘n opgewondenheid oor iets van jou liggaam wat ‘n mens ontdek wat lekker voel en dit is ‘n motivering om terug te kom na die dwelm.

(Daar is wel gevalle wanneer pornografie in ‘n baie ongesonde omgewing saam met ‘n volwasse persoon ontdek word. Die probleme wat sulke ontblotings veroorsaak, is egter meer kompleks en sal apart bespreek word.)

peekingSoos ‘n jong man of ‘n vrou meer en meer van die dwelm gebruik, ontdek hulle hoe toksies die effek daarvan is en hoe dit hul brein en verstand, sowel as hul liggaam, letterlik op ‘n ander vlak van persepsie sit. ‘n Vlak waarop die stres en spanning van die realiteit baie ver kom en stiller word. Dit is juis hierdie gevolg van ‘n dwelm soos pornografie, wat so verslawend is – veral in die omstandighede waar ‘n jong mens te veel op sy lewensbordjie het om te verwerk. Sosiale angs, isolasie by die skool of universiteit, spanning tussen ouers en kinders in die familie en sterk groepsdruk is van die faktore wat veroorsaak dat ‘n mens sterk oorweeg om weer en weer die verslawende gedrag uit te oefen, al voel dit nie altyd 100% reg nie.

Twee van die grootste sleutels om die ontwikkeling van die proses te keer is ‘n sterk begrip van die persoon oor wat pornografie verkeerd maak (met ander woorde baie sterk morele oortuigings), asook die teenwoordigheid van betroubare mense wie hy/sy mee gemaklik voel om oor hierdie blootstellings te kom gesels. Ongelukkig is al twee van hierdie dikwels afwesig en word nie sterk deur die leefstyl en die waardestelsels van ons samelewing bevorder nie.

Maar aan die ander kant is hierdie juis die meganismes wat geaktiveer moet word sodat die oorwinning oor die verslawing moontlik kan word. In die lang termyn moet ‘n mens wat probleme ervaar, seker maak hulle het genoeg kennis oor alle newe effekte van pornografie, asook mense in hul lewens met wie hulle enige tyd oor enigiets kan deel. (Ons praat meer oor eensaamhede hier.)

Dit is wel nie gebalanseerd om net een persoon as jou hulper aan te stel en alles op hulle te “dump” nie. ‘n Mens word dan baie afhanklik van so ‘n iemand en kan baie sterk deur so ‘n persoon beïnvloed word – tot die positiewe, sowel as tot die negatiewe. Dit is egter beter om ‘n handvol betroubare mense in jou lewe in te nooi en om met elkeen ‘n stukkie van jou verhaal te deel. Sulke benadering haal ook baie druk af van die mense wat jou graag wil help, maar wie, weens hul menslike beperkteid, net soveel vir jou kan doen.

patrone2Op die kort-termyn skaal moet ‘n mens baie krities met jouself wees en kyk na patrone wat dikwels herhaal word wanneer ‘n terugval plaasneem. Hieronder is ‘n paar vrae wat elkeen wie met pornografiese verslawing sukkel, na kan kyk:

  • Vir hoe lank was jy alleen die dag toe jy teruggeval het?
  • Hoe het jou dag se skedule gelyk wanneer jy geval het, veral rondom die tyd wanneer die drange begin sterk word?
  • Het daar iets gebeur net voordat die drange om pornografie te kyk gekom het? Iets negatiefs of onstellend?
  • Hoe voel die drange wanneer jy alleen moet wees, soos in die toilet, in die stort of bad, in jou bed soggens en saans?
  • Wanneer jy teruggeval het, was daar skerms betrokke (foon, tablet, laptop ens)?
  • Indien ja, wat was die kanse dat iemand anders bewus kon wees van wat op jou skerm verskyn het wanneer die drange sterk was?
  • Het jy onlangs ‘n fliek gekyk of ‘n boek gelees waar daar eksplisiete beskrywings van seksuele aard was? Indien ja, hoekom was sulke materiaal in jou besitting gewees?
  • Het jou besluite jou onlangs terug op ‘n kuierplek laat beland waar daar eksplisiete seksuele gesprekke en/of sensuele kleredrag en gesindhede teenwoordig was, soos bv. by ‘n klub of in ‘n vriendekring?

Hierdie is net ‘n paar algemene kenmerke wat ‘n mens kan probeer identifiseer om te probeer agterkom wat is die snellers vir die terugval in pornografie gebruik. Soms kan ‘n mens nie dadelik agterkom wat die herhalende patrone, wat tot ‘n terugval lei, is nie. Dit is ‘n baie goeie praktyk om ‘n rekord van pornografie en masturbasie vir ‘n rukkie te hou – die analisering van die gedrag word dan baie makliker met die rekordering daarvan.

Die Bybel leer ons dat as ‘n mens vir die bome kyk wat blom, dan weet ons die lente is op pad. Net so kan ‘n mens sekere tekens in jou lewe erken, wat die begin is van die afdraande na die verslawende gedrag, en dit betyds keer. Al moet jy dan glad nie skerms in jou slaapkamer toelaat nie en ‘n ou alarmhorlosie kry!