'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

Ietsie vir die ouers

stick-familyEen van ouers se grootste nagmerries is deesdae om hul kind te vang terwyl hulle van seksueel eksplisiete materiaal gebruik maak of in ‘n ontblotende gesprek betrokke is. Die grootste vrees is dat dit die kind permanente skade sal aan doen en dat ouers as mense nie ‘n goeie werk gedoen het deur om hul kind te probeer opvoed en beskerm nie.

Die tye waarin ons leef is egter baie anders as die omstandighede 20 en selfs 10 jaar gelede. Met die lootsing van iPhone en ander slim-fone op die mark het elke gebruiker daarvan letterlik 24/7 internettoegang in sy sak. As gevolg van die internasionale standaarde oor Internet, is dit baie moeilik om te beheer wat toeganklik is op jou kind se skerm en daar is altyd verskeie maniere om “firewalls” en filters te vermy.

As ‘n gevolg, is voorkoming altyd beter as genesing (en dit was nog altyd so). Dit help nie ouers probeer hul kinders se Internetgebruik streng beheer nie. Wanneer die kinders oor ‘n paar jaar uit die huis is, word hulle sterk oorweldig met die groot blootstelling aan pornografie. Ook omdat hulle nooit met die konsepte van veilige aanlyn-gebruik in die veilige omgewing van hul ouerhuis bekend gemaak was nie, word dit vir hulle bitter moeilik om, as jong volwassenes, hierdie aanslag van media te weerstaan.

familie-skermsDie skerms is ook baie nadelig vir die intimiteit en die nabyheid van die ouer-kind verhouding. Ouers besef nie altyd nie hoe klein kykies op hul fone “altyd vir ‘n goeie rede” die kinders jaloers en eensaam laat voel nie. Voordat die slim-fone en die kletsprogramme daarvan beskikbaar was, was dit kultureel oneties om bv. voor 8vm en na 5nm mense te bel in verband met werk. Maar deesdae word programme soos WhatsApp die hele tyd gebruik om oor dinge te kommunikeer wat nie noodwendig van self sleg is nie, maar op die verkeerde tyd – tyd wat eintlik familietyd behoort te wees.

Omdat kinders baie sensitief vir die gevoel van hul eie beskermdheid is, kom hulle dadelik agter as hul pa of ma nie heeltemal by is nie. Van hulle waardeer dit uiters as hulle hul ouers se onverdeelde aandag kan ontvang, juis om belangrik en geliefd te voel. Ook help hierdie houding om ‘n atmosfeer te skep waar daar dieper gesprekke plaas kan neem, sowel as positiewe mentorskap. Maar die leser sal saamstem dat dit nie moontlik is nie om so ‘n atmosfeer te onderhou indien die gesprek elke 5 minute deur mense onderbreek word nie. Dit maak nie saak of hulle teenwoordig is of net ‘n boodskap op die foon stuur – ‘n onderbreking is ‘n onderbreking.

Indien die ouers die hele tyd voor ‘n skerm spandeer, vir wat ook al die rede is, begin die kinders dan die gedrag modelleer en ook hulself in die digitale wêreld verloor. Maar so ‘n belangstelling kan maklik ‘n verslawing word wanneer ‘n kind se skermgebruik ‘n vervanging is vir hul ouers se liefde en bevestiging. Dit is dan wanneer pornografie en sekskletsprogramme so aanloklik word dat die jong siel dit nie kan weerstaan nie.

Die ouers word sterk bemoedig om tyd te maak om met hulle kinders te bind en verhoudings in ‘n veilige atmosfeer sonder onderbrekings te bou. Dit is goed om saam ‘n film te kyk of om iets te doen, maar dit is nog meer belangrik om mekaar as die fokus van gesprekke te maak – dit is dan wanneer die diepste bande gebou word, waardeur liefde en waardering kan vloei. Maak ‘n afspraak met jouself om nie die hele tyd TV en tablette te gebruik nie en om jou foon op “silent” (stilte) te sit, of selfs heeltemal af te skakel tydens sekere ure van die dag. Die werk sal niks oorkom as dit een uur van jou dag verloor – maar die kinders wat so baie na jul aandag smag, sal wel seerkry.

Die ander strategie wat altyd werk (maar wat nie altyd aangenaam is nie) is om tyd te maak om met jou kinders die gevaar van familietydsverlies aan die skerms te bespreek en om hul eerlike opinie oor jou eie skermgebruik te hoor. Die kinders is nooit boos teenoor hul ouers nie en wil altyd die beste vir hul ma en pa hê – net soos anders om ook. Maak tyd en gaan hoor by jou kind hoe voel hulle as jy tydens ‘n familie-ete of ‘n weggaan-naweek die hele tyd met ‘n foon of ‘n tablet of ‘n TV besig is. Toon dienende leierskap aan en kom jou kind tegemoed deur om na hulle te luister en saam ‘n besluit te neem wat die hele familie van gaan baat.

Hieronder is ‘n insiggewende berig oor digitale media en hoe dit families beïnvloed:

Switch off – it’s time for your digital detox