'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

Hoe erg is dit eintlik?

Mense verskil nie in hul definisies van wat sonde is nie. Waar mense wel mee verskil is hul opinie oor hoe erg elke sonde is.

Seksuele verslawing is ‘ n goeie voorbeeld van hoe iets wat dodelik vir jou is, maklik as ‘n ligte foutjie misverstaan kan word. Dink net aan hoeveel verskillende verskonings daar is…

hoe-erg-is-dit-eintlik

“Dit is mos nie so erg nie.”

“Ek doen dit mos net nou en dan.”

“Ek kyk mos nie die rowwe goed nie.”

“Ek kan enige tyd ophou.”

“My vrou is net te sensitief.”

“Dit pla niemand nie.”

“Ek het ook ‘n bietjie ontspanning nodig.”

Almal van hulle stuur net een boodskap uit: jy beskou seksuele verslawing as iets lig, wat nie eintlik ‘n slegte ding is nie. Nie ‘n verslawing, wat krag het om te vernietig en dood te bring, is nie. Dis net jou speelding. Soos ‘n braaier. Of ‘n motorfiets. Of ‘n drankie hier en daar.

Die feit dat dit jou vrou dodelik seermaak is egter nie op die spel nie. Nee, sy oorreageer net… Maar die man wat dit sê, besef nie (of wil nie erken nie) dat sy brein in ‘n breinmis toestand is wat dit onsensetief maak. Die hart is verhard – en net pornografie kan daardeur deurdring. Die brein is met hormone gestimuleerd en net die “spikes” van digitale en bonatuurlike stimulering kan dit uit sy slapende en onverskillige toestand uitruk.

Interessant, maar dit is ook eksperimenteel bewys dat mense wat pornografie kyk, minder sensitief is vir menslike ellendes soos moord, geweld en verkragting. Twee groepe mense, waarvan een pornografiese materiaal gekyk het en die ander een nie, was dieselfde materiaal oor geweld gewys. En die groep wat pornografie gebruik het, het meer onsensitief die saak hanteer en meer simpatie met die kriminele gehad deur om aan regverdigende redes vir bv. verkragting te dink. Ten spyte van die feit dat geen wetgewing ooit enige toelating vir ‘n verkragting het nie. (Lees meer HIER)

So dalk is daardie vrou langs jou nie net ooremosieoneel en oorsensitief nie, maar is dit wel jy wat onsensitief is. En nie dat jy so wou wees nie. Maar dit is die prys wat mans, wat met seksuele verslawings sit, ongelukkig moet betaal. Jy kan nie die beste van alles kry nie – iets moet jy prys gee. En met porn gee jy aan jou menslikheid prys.

Moet nooit eers probeer dink dat jou seksuele verslawings niemand beïnvloed nie. Hoeveel tyd sit jy daarin? Dink net aan alle dinge wat jy met jou lewe kon doen in daardie tyd, wat ander mense se lewens kon verbeter! Soos bv. ‘n instrument leer speel, ‘n nuwe taal aanleer, ‘n nuwe vaardigheid in bouwerk of herstelwerk kry wat jy tot benutting in jou huishouding kan toepas. Jy kon boeke lees oor verhoudings in die huwelik, jy kon meer tyd met jou vrou en kinders spandeer, jy kon meer moeite by jou werk gedoen het. Talle en talle “kon’s” wat nou nie gerealiseerd is nie.

vicious-cycle

Wat van as iemand ‘n kamera in jou oog kan insit en alles, waarna jy kyk, opneem? En dan nog meer, dit op ‘n groot skerm te wys, langs die ander lewe wat jy voorhou. Hoe sou die twee vergelyk? Sou hulle dieselfde wees? Sou jy trots wees op jouself as daardie prentjies op die skerm verskyn? Of nie eintlik so trots nie? Wat vertel jou lewensverhaal vir die mense rondom jou? Waarvan getuig dit? Van God se goedheid, van jou hoë standaarde, dat jy ‘n man van eer en van jou woord is? Dat jou lewe voorbeeldig is en dat jy mense hierdeur kan motiveer, help en bemoedig? Of dalk presies die teenoorgestelde van dit alles?..

Dit klink na ‘n baie hartseer verhaal, vol van spyt en trane. En mense sal dalk sê: ag, hou op om so negatief te wees – dis nie so sleg nie, dis mos nie die einde van die wêreld nie. Dalk nie. Dalk nie van jou wêreld nie. Maar dit is die einde van jou vrou se wêreld, nadat sy uitgevind het jy het haar met ander (nie eers natuurlike) vrouens verneuk. Dit is die einde van jou seun se wêreld, nadat hy besef het dat alles wat sy pa vir hom oor die Bybel en morele waardes geleer het, so “fake” is. Dit is die einde van jou dogter se wêreld, nadat sy besef het dat jou woorde oor respek vir vrouens en nederige leefstyl leeg en hol is.

Die ding is, as mens nie regtig besef hoe boos hierdie kring is nie, sal jy nooit op ‘n punt kom on ‘n besluit te neem om nooit weer so iets toe te laat nie. En dis eers wanneer ‘n rowwe storm kom, dat mense besluit om te begin voorberei. Maar dan is dit in sekere opsigte tog te laat. As jy nie besef hoe seer, hoe donker, hoe vieslik alles wat jy gedoen het is nie. As jy nie werklik sien hoe baie jy verloor het en hoeveel pyn en smart jou besluite veroorsaak het nie, sal jy nooit op ‘n punt kom om te besef hoe ernstig hierdie “speletjie” eintlik is nie.

Voel jy veroordeeld deur hierdie woorde? Kry jy seer en skaam en ongemaklik? Wel, dan het hierdie leesstuk sy doel bereik. Want dit is juis net as jy ongemaklik oor iets is, dat jy iets daaromtrent sal doen. Pornografie steel meer by jou as wat jy dink of besef. En dit is beter dat hierdie artikel jou oordeel en aan die spoor sit, as die stilte in jou vrou se hart wanneer sy saam met jou huilende kinders na haar ma-hulle uittrek…