'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

The Lonely Battle

As ‘n man is seksualiteit deel van jou psige. Daarmee kan geen man stry nie. Dit is in ons ingebou soos ‘n vrou se natuurlike moederlike instink. En Satan weet dit. Ek noem verslawing aan pornografie ‘The Lonely Battle’. Ja, niemand weet daarvan nie. Dis my ‘struggle’. Hierdie ‘struggle’ is egter ‘n volskaalse verslawing, kragtiger as wat die verslawing aan drank en kokaïne saam kan wees. Vra my, ek was al verslaaf aan beide. Die antwoord op dié verslawing? Jesus Christus en rou eerlikheid.

Ek was gekonfronteer met pornografie op ‘n baie jong stadium van my lewe. En daar het dit vlam gevat. Onbewus wat Satan vermag met dit. Ek kan vandag getuig dat pornografie en masturbasie jou gaan en jou sal verwoes. Ek kon my vrou nie in die oë kyk nie. Jy voel soos n hond. Ek het gevoel soos ‘n mislukking.

Pornografie moes in my lewe opmaak vir ‘n gebrek aan aanvaarding. Ek het myself nie so goed soos my broer beskou nie en nie gedink ek is goed genoeg nie. Maar pornografie se meisies het my aanvaar net soos ek is. Hulle was altyd daar net wanneer ek so voel. Dit was ‘n ‘comfort zone’.

Ek moes as getroude man dit bely aan 3 mense wat saam my gebid het. En in my geval het die ‘battle’ nie verdwyn nie. Wat ek weet is dat hoe minder tyd ek saam God spandeer en hoe minder ek saam my vrou bid, hoe kwesbaarder is ek.

Moenie die leuen glo dat jy dit uit jou eie uit sal oorwin nie. Jy kan nie. Jy kan net oorwin met Jesus Christus se bloed. Kry dit uit en in die lig. Solank dit in die geheim is, kan jy vergeet van oorwinning. Bid saam jou vrou. Kom in eenheid en spandeer daagliks tyd met God. Die gevoel van vergifnis en oorwinning en om nee te kan sê klop enige ‘porn rush’.

Laastens: Salvation is not a licence to sin; it’s the ability to say no.