'n Inligtingsentrum om pornografieverslawing te help oorkom

The Blog

Die vraag

Ek was tot letterlik 3 weke gelede absoluut verslaaf aan pornografie. Ek het al soveel keer hieroor gesels en soveel keer myself belowe dat dit die laaste sal wees…net om soms sommer minute daarna myself oor te gee daaraan! Die vraag wat bly maal het in my kop, was: “wil ek regtig ophou met pornografie?” […]

Stryd

Ek het as student lank met pornografie gesukkel. Op ‘n stadium het ek dit bely en in die lig gebring, maar, soos meeste verslawings, het dit nie net verdwyn nie. Dit het, soos wat ons dit gereeld noem, ‘n ‘battle’ geword. Ek onthou hoe ek gedink het dat as ek trou die dag dit iets […]

The Lonely Battle

As ‘n man is seksualiteit deel van jou psige. Daarmee kan geen man stry nie. Dit is in ons ingebou soos ‘n vrou se natuurlike moederlike instink. En Satan weet dit. Ek noem verslawing aan pornografie ‘The Lonely Battle’. Ja, niemand weet daarvan nie. Dis my ‘struggle’. Hierdie ‘struggle’ is egter ‘n volskaalse verslawing, kragtiger […]

Pornografie breek

Dit is ‘n moeilike saak om oor eerlik te wees. Mens sit saam jou vriende en maak grappe daaroor, want almal doen dit, so wie gee regtig om? Op universiteit was dit asof dit my minder gepla het. Jy was jonk en wou eksperimenteer en het nie gesien hoe dit enige iemand anders beïnvloed nie. […]

Battle

In my amper 10 jaar van uitverkoop wees aan die Koninkryk, en my op en af ‘battle’ met die wêreld van pornografie en dit wat daarmee saamgaan, het ek vas geglo dat die geveg sal stop sodra ek getroud is. Ek het geglo dat daar nie meer ‘n aanslag op my seksualiteit sal wees nie, […]